SLAAN DIE REG NA
Dikwels Gestelde Vrae
- Egskeidingsreg - Inleiding
- Ek het besluit om te skei – Hoe doen ek dit?
- Ek wil skei maar kan nie die dienste van ‘n prokureur bekostig nie – sal die Regshulpraad my help?
- Kan ek ‘n egskeiding deur middel van die Gesinshof bekom?
- My huwelik is besig om te verbrokkel – Ons het besluit op ‘n tydelike skeidingsooreenkoms – behoort ek my prokureur te betrek hierby?
- Wat is die gronde vir n egskeiding?
- Egskeidings regsvrae behandel – Sorg (toesig en beheer)
- Die rol van die gesinsadvokaat tydens egskeidings
- Egskeidings regsvrae behandel – Toegang tot kinders
- Egskeidings regsvrae behandel – Onderhoud
- Egskeidings regsvrae behandel – Verdeling van eiendom
- Egskeidings aangeleendhede verduidelik – Verdeling van goedere
- Gebruiklike huwelike egskeidings
- Kan ek in Suid Afrika skei as ek in die buiteland getrou het?
- Wat is die regstatus van Moslemhuwelike in Suid-Afrika?
1. Egskeidingsreg - Inleiding
Ongelukkig word 50 % van alle huwelike in Suid Afrika nou beëindig deur egskeidings. Volgens die department van justisie se jaarlikse verslag van 2012 tot 2013 is 50 517 egskeidings afgehandel in die land se howe.Dit het ernstige regs implikasies vir alle belanghebbende partye . Indien u ’n egskeiding oorweeg sal dit regskundige besluitneming verg betreklik tot al u regte en verpligtinge. Lees meer oor hoekom bemiddeling belangrik is, wanneer u ‘n skeidings – ooreenkoms sal benodig en wat die regsgevolge van egskeiding sal inhou voortspruitend uit u verkose ‘huwelik bedeling’ keuse. Om te skei is ‘n uiters traumatiese gebeurtenis in u lewe, so maak seker om met ‘n prokureur te konsulteer vir advies en leiding betreklik tot die opsies en prosedures – en om te verseker dat u regte beskerm word ten alle tye.
Bokant van Bladsy
2. Ek het besluit om te skei - hoe doen ek dit?
Wanneer jou huwelik onherstelbaar verbrokkel het, of enige ander rede bestaan wat jou laat besluit om jou huwelik te ontbind deur te skei, sal dit raadsaam wees om ‘n regs opinie daaroor te bekom. (sien ook die Wet of Egskeiding, 1979)
Daar bestaan ‘n hele aantal kwessies wat aandag sal verg, insluitend:
-
Sorg (toesig) van die kinders,
-
Toegang tot sodanige kinders,
-
Onderhoud vir jouself, jou gade of vir die kinders waar toepaslik,
-
Verdeling van die bates, afhangende van die bateverdeling grondslag onderworpe waartoe jy getrou het, ens.
Dit is raadsaam dat die skeidende partye ‘n ooreenkoms betreklik tot bovermelde knelpunte bereik voorafgaande enige betrokkenheid daartoe deur ‘n hof. Dit sal latere verrigtinge versnel en is ook onkoste vriendelik.
Jou regsverteenwoordiger sal in staat wees om jou behulpsaam te wees in die formulering van sodanige ooreenkoms, opgestel tussen jou en jou gade, en kan ook bemiddelend optree gedurende ‘n vergadering met die gades ter versekering dat sodanige ooreenkoms eensgesind beklink word.
‘n Dagvaarding en ander hofprosesse moet uitgereik en op gereageer word wat behartig sal word deur ‘n vaardige regsverteenwoordiger.
Egskeidings is kennelik vir die gepaardgaande emosionele druk wat dit op die betrokke partye plaas.
Dit is raadsaam om ‘n vaardige prokureur te bekom vir raad en hulp ten einde te verseker dat aan al jou verwagtinge daaromtrent aandag geskied.
Bokant van Bladsy
3. Ek wil skei maar kan nie die dienste van ‘n prokureur bekostig nie – sal die Regshulpraad my help?
Ja, die Regshulpraad verskaf hulp aan diesulkes wie wil skei.
U sal eers ‘n ‘vermoëns toets’ moet slaag om te sien of u kwalifiseer.
Hier is ‘n webblad verbinding vir die Regshulpraad gids.
U sal nie regshulp verkry as:
-
Daar ‘n redelike moontlikheid bestaan dat u mag herenig met u gade nie.
-
Die direkteur van die raad die mening toegedaan is dat nie genoegsaam gepoog was deur u en u gade om tot ‘n vergelyk te kom nie.
-
U van te vore van die Regshulpraad gebruik gemaak het om ‘n egskeiding te eis maar toe besluit het om nie voort te gaan met die egskeiding nie.
-
Daar geen kinder betrokke is by die egskeiding nie.
U kan ook die plaaslike Gesinshof nader, indien een wel in u area beskikbaar is, vir ‘n koste effektiewe egskeidingprosedure.
Bokant van Bladsy
4. Kan ek ‘n egskeiding deur middel van die Gesinshof verkry?
Gesin howe kombineer geskilpunte oor egskeiding, onderhoud, beheer, voogdyskap en ander Kinderhof aangeleenthede. Gesin howe word tans uitgetoets in sekere gebiede.
Alle Streekshowe is nou by magte om die funksies van Gesinshowe uit te oefen. In die afwesigheid van ‘n Gesinshof in ‘n besondere gebied moet die Hooggeregshof steeds genader word. Een van sodanige funksies is om dit makliker en goedkoper vir mense te maak om te skei. Dit word bereik deur die vereenvoudiging van hofprosedures wat ook kostes verminder bv. die publiek het nou ‘n keuse of hulle hulself wil verteenwoordig of om liewers regsverteenwoordiging te bekom.
As die partye toestem tot ‘n skikkingsooreenkoms kan die egskeiding spoedig en koste effektief afgehandel word.
Aksies wat verdedig is en diesulkes met geskilpunte oor kinders mag langer neem om af te handel. Die gesinsadvokaat mag dalk ook toetree om die belange van sodanige kinders te beskerm.
Vir alle kindergedrewe geskilpunte wat nie deur die Gesinshof hanteer word nie, kan die publiek nou ook die plaaslike Landdroshof nader vir hulp.
Landdroshowe is nou ook bemagtig om Kinderhowe binne hulle jurisdiksie te wees en om alle geskille betreklik tot die versorging, beskerming of welstand van ‘n kind te behartig soos vir voorsiening gemaak deur die Kinderwet 38 van 2005, bv. kontak met kinders, betwisting van vaderskap en die versorging van kinders.
Bokant van Bladsy
5. My huwelik is besig om te verbrokkel –Ons het besluit op ‘n tydelike skeidingsooreenkoms – Behoort ek my prokureur te betrek hierby?
Indien jou huwelik ‘n stadium bereik het waar jy genoodsaak word om toekomstige planne weer in oënskou te neem weens konflik tans tussen jouself en jou gade,is dit raadsaam om ‘n skeiding ooreenkoms te oorweeg voordat ‘n egskeiding oorweeg staan te word..
Die skeiding ooreenkoms tussen die gades kan formeel of informeel beding word.
‘n Informele skeiding ooreenkoms kan ‘n blote mondelingse ooreenkoms tussen jou en jou gade wees betreklik tot die besonderhede van so ‘n afsondering bv. reëlings aangaande aparte verblyf, die tussentydse sorg van die kinders,onderhoud, ens.
‘n Formele skeiding ooreenkoms betrek jou regsverteenwoordiger daarby. Hy sal die skeiding ooreenkoms opstel en al die betreklike reëlings daarby insluit.
‘n Formele skeiding ooreenkoms mag dalk duur voorkom maar hierdie roetekeuse kan tot voordeel wees om verskeie redes.
‘n Formele skeiding ooreenkoms verskaf bewys in ‘n latere egskeiding dat onherstelbare verbrokkeling teenswoordig is in ‘n huwelik. onherstelbare verbrokkeling moet bewys word tydens ‘n aansoek om egskeiding.
Die hof kan ook ‘n formele skeiding ooreenkoms aanwend in die opvolgende reëlings aangaande bates, sorg, onderhoud en of toegang, soos toepaslik.
Geloofsoortuigings mag ook ‘n skeiding ooreenkoms as aangewese daarstel in stede van ‘n egskeiding bv. waar jou geloofsfeer egskeidings met onguns bejeën as oplossing vir huweliksprobleme.
Bokant van Bladsy
6. Wat is die gronde vir ‘n egskeiding?
Die twee grondslae vir ‘n egskeiding is:
-
Onherstelbare verbrokkeling van die huwelik, of
-
Geeste versteurdheid of aaneenlopende bewusteloosheid van ‘n gade.
Onherstelbare verbrokkeling impliseer dat die gades van ‘n huwelik nie in staat is om verder saam te woon as man en vrou nie.
Twee voorvereistes bestaan vir die onherstelbare verbrokkeling van ‘n huwelik:
-
Die huweliksverhouding moet nie meer normaal wees nie, en
-
Daar behoort nie ‘n vooruitsig te wees vir die herstel van ‘n normale huweliksverhouding tussen die gades nie.
Wat as normaal gesien sal word moet gesoek word in die konsortium beginsel wat alles omsluit soos toegedig aan ’n getroude status bv. kameraadskap, liefde, seksuele omgang, ens. As so ‘n konsortium gestaak of ernstig onderbreek word deur die optrede van een gade kan dit gesê word dat die verhouding nie meer normaal is nie.
Om te bepaal of die konsortium ernstig benadeel of gestaak is sal die hof ‘n subjektiewe sowel as ‘n objektiewe benadering volg.
Artikel 4 (3) van die Egskeidingswet 70 of 1979 verskaf bemagtiging aan die skeihof om die verrigtinge uit te stel ten einde die partye die geleentheid te gun om te poog om te versoen mits daar ‘n redelike moontlikheid bestaan dat die huwelik wel versoenbaar is deur middel van berading, behandeling of ernstige nadenke.
Volgens Swartz v Swartz 1984 4 SA 467 (A) 475 sal die skeihof by bepaling daarvan of ‘n huwelik ‘n punt bereik het van onherstelbare verbrokkeling, ook ag slaan op die geskiedenis van die verhouding tot en met die datum van die aansoek om egskeiding asook die houding van die partye ten tyde van die verhoor met betrekking tot die huwelikverhouding, soos vasgestel uit die getuienis voor die hof.
Die party wat die egskeiding versoek het die onus (las) om te bewys dat onherstelbare verbrokkeling teenswoordig is in die huwelik. Die hof moet oortuig word dat die huwelik in so ‘n toestand is dat daar geen redelike vooruitsig bestaan dat die partye terug sal gaan na mekaar toe nie, bv dat die een gade die ander gade verlaat het ens.
Wanneer aansoek gedoen word vir ‘n egskeiding op grond daarvan dat ‘n gade geeste versteurd is, moet die hof oortuig wees dat sodanige persoon toegelaat en aangehou word in ‘n inrigting vir geeste siektes en as sodanig institusioneel aangehou staan te word vir ‘n periode van ten minste twee jaar sonder ‘n prognose vir herstel.
Indien die ander gade bewusteloos is, moet die hof oortuig wees dat dit ook die geval was vir ten minste ses maande voorafgaande so ‘n aansoek vir egskeiding en in die afwesigheid van enige prognose vir bewustheid herwinning.
Bokant van Bladsy
7. Egskeidings regsvrae behandel – Sorg (toesig en beheer)
Sorg (toesig) het twee bene;
-
Gesamentlike Sorg, en
-
Uitsluitlike Sorg.
Waar ouers gesamentlike regs- en gesamentlike fisiese sorg uitoefen, dra hulle gelykwaardig by tot besluitneming ten opsigte van die kinders se groeibehoeftes en welstand. Hulle spandeer ook deelagtig tyd saam met sodanige kinders. Hierdie situasie sal druk plaas op die kinders so geaffekteerd en mag ook persoonlike praktiese probleme veroorsaak ten opsigte van die kinders se roetine, bv. onderrig ens.
So ‘n reëling sal ook praktiese huishoudelike probleme veroorsaak, bv. die voorsiening van twee huishoudings uitgerus ter voorsiening van die kind se behoeftes op ‘n permanente basis, ens. Hierdie tipe reëlings is gewoonlik nie prakties uitvoerbaar nie en word aldus nie as ‘n reël beoefen nie.
Gesamentlike sorg word meer algemeen beoefen. Beide ouers deel in die langtermyn besluitneming ten opsigte van die kind se welsyn en groeibehoeftes maar die fisiese sorg word aan één van die ouers toegedig.
Uitsluitlike sorg sal nie ligweg toegestaan word aan ‘n ouer nie weens die beperkings wat dit plaas op die regte van die ander ouer.
Wanneer uitsluitlike sorg toegestaan word, beskik sodanige ouer oor eksklusiewe regs- en fisiese sorgdraende regte ten opsigte van die kind.
Toekenning van hierdie aard word ingekort tot gevalle waar nie beheerdraende ouers verantwoordeliker gewys as onbevoeg beskou word bv. dwelm verslaafdes, ens. Die nie beheerdraende ouer mag wel aansoek doen om gedeeltelike besoekersregte, wat toesighoudend sal plaasvind in gevalle van vorige kindermishandeling ens.
n Tussentydse toekenning kan aangevra word deur ‘n ouer indien goeie rede daarvoor bestaan bv. in kindermishandeling aangeleenthede, ens.
Bokant van Bladsy
8. Die rol van die gesinsadvokaat tydens egskeidings
Elke afdeling van die Hooggeregshof het ‘n Gesinsadvokaat Kantoor beskikbaar om die hof by te staan in skeisake. Die rol van die Gesinsadvokaat is hoofsaaklik om voogdyskap, toesig en toesighoudende regsaangeleenthede te ondersoek en voorstelle aan die hof te maak die vir inwerkingstelling daarvan.
Hy mag ook as hofverteenwoordiger optree vir kinders wie se ouers betrokke is by ‘n egskeidingsgeding.
Die hof mag ook versoek dat die Gesinsadvokaat ‘n ondersoek hou ten einde die beste voordeel van die kinders te bepaal.
‘n Party tot ‘n egskeiding mag ook die Gesinsadvokaat versoek om so ‘n ondersoek te loods bv. in geskille oor toesig waar beide die partye toesig en beheer wil bekom.
Die party wat sodanige ondersoek aanvra sal nie verantwoordbaar wees vir enige kostes verbonde daaraan nie.
Vir ‘n lys van Gesinsadvokaat Kantore, Klik hier
Bokant van Bladsy
9. Egskeidings regsvrae behandel – toegang tot kinders
‘n Nie toesighoudende ouer is geregtig op redelike toegang in afwesigheid van ‘n hofbevel wat anders bepaal.
‘n hofbevel is nie nodig ten einde die reg tot redelike toegang daar te stel nie. ‘n Skeihof versaak dikwels om uitdruklik ‘n bevel ten opsigte van toegang uit te reik.
Om ‘n party te belemmer of te verhinder om so ‘n reg tot redelike toegang uit te oefen is ‘n oortreding en mag veroorsaak dat die oortreder skuldig bevind word aan minagting van die hof.
‘n Party wat benadeel is deur ‘n toegangbevel aldus toegestaan, kan die hof nader vir die wysiging daarvan.
Toegang mag deur die hof ingekort word in omstandighede waar die beste belang van die kinders sodanige ingryping verg.
Bokant van Bladsy
10. Egskeidings regsvrae behandel – Onderhoud
‘n Egskeiding sal ‘n bykomstige las plaas op die party in wie se toesig en beheer die kinders deur die hof geplaas word. Hierdie party moet nou ook die kinders versorg.
Die skeihof sal dienooreenkomstige dan ook ‘n bevel toestaan betreklik tot die onderhoud van sodanige kinders.
Hierdie bevel kan later afgedwing of gewysig word deur ‘n klagte in te dien by die onderhoudhof wat oor jurisdiksie ten opsigte van die betrokke aangeleentheid, beskik.
Die skeihof mag ook ‘n bevel vir onderhoud ten gunste van een van die partye by sodanige egskeiding, toestaan.
So ‘n bevel kan ook later afgedwing of gewysig word deur ‘n plaaslike onderhoudhof wat oor jurisdiksie ten opsigte van die betrokke aangeleentheid, beskik.
Die skeihof kan ook versoek word om ‘n tussentydse bevel vir onderhoud toe te staan waar sodanige egskeiding steeds hangende is.
Ons beskik oor ‘n volledig toegewyde afdeling betreklik tot onderhoud – Sien vrae hier.
Bokant van Bladsy
11. Egskeidings regsvrae behandel - Verdeling van eiendom.
Die verdelingsgrondslag waarop die huwelik geskoei was sal bepaal hoe die bates verdeel staan te word tydens opheffing van die huwelik.
In die afwesigheid van ‘n huweliksvoorwaarde kontrak, sal die hof self ‘n bevinding hieroor maak.
Indien binne gemeenskap van goedere getroud, sal die gesamentlike boedel eweredig verdeel word tussen die partye en die skuld sal ook gedeel word.
Indien buite gemeenskap van goedere getroud met die insluiting van die aanwas bedeling, sal die partye deel in die netto aanwas bedrag soos voorheen verduidelik. Sekere bates soos donasies en geskenke sal nie gedeel word nie.
Indien getroud buite gemeenskap van goedere met uitsluiting van die aanwas bedeling, sal geen verdeling plaasvind nie en die partye sal al hulle bates behou wat bekom was voor en of gedurende die huwelik.
Bokant van Bladsy
12. Egskeidings aangeleendhede verduidelik – Verdeling van goedere
‘n Pensioenbelang is slegs ten tyde van ‘n egskeiding verdeelbaar indien u geskei was op of na 13 September 2007. As die egskeiding toegestaan was voor hierdie datum, sal die nie - lid gade moet wag, hetsy tot afsterwe van die lid - gade, uitkering van sy of haar persioenbelang of aftrede, ten einde sy of haar aandeel van die voordeel te eis.
Daar bestaan ‘n aantal voorwaardes wat nagekom moet word alvorens fondse en administrateurs pensioenbates mag verdeel.
• Die egskeidingsbevel moet uitdruklik bepaal dat die gade wat nie ‘n lid van die fonds is nie wel geregtig is op ‘n pensioenbelang, soos omskryf in die Wet op Egskeiding.
• Die egskeidingsbevel moet die nie-lid gade se aandeel in die pensoenbelang as ‘n persentasie of in rand waarde spesifiseer
• Die fonds wat die aandeel moet aftrek vanaf die pensioenbelang moet vermeld word of identifiseerbaar wees; en
• Die fonds moet uitdruklik beveel word om sy rekords te endosseer en om die aandeel in die pensioenbelang uit te betaal.
Die Wet op Egskeiding bepaal die pensioenbelang wat in ag geneem mag word in ‘n egskeidingsbevel of skikkingsooreenkoms. ‘n Pensioenbelang sluit ‘n maandelikse pensioen van ‘n gewaarborgde annuȉteit of ‘n belegging gekoppelde annuȉteit, gekoop met aftreefondse, uit. Dit sluit ook uit enige uitkeervoordeel uitbetaal by bedanking of stafvermindering of as ‘n lompsom by aftrede.
Indien bevind word dat u egskeidingsbevel onafdwingbaar sou wees teenoor u vorige gade se fonds, sal u steeds ‘n eis hê op die pensioenbelang waarop u geregtig is – hiervoor sal u nodig hê om met ‘n skeisake prokureur te konsulteer.
Bokant van Bladsy
13. Gebruiklike huwelike egskeidings
Dieselfde egskeidingsgronde wat in die egskeiding van ‘n burgerlike verbintenis toepaslik is, vind hier ook toepassing. Sien ook die Wet op die Erkenning van Gebruiklike Huwelike.
Indien die hof oortuig is dat onherstelbare verbrokkeling van die huwelik plaasgevind het, mag ‘n egskeidingsbevel toegestaan word.
Die hof sal ook ‘n bevinding ten opsigte van onderhoud ten gunste van die kinders uitvaardig met inbegrip van enige gebruik regtelike reëlings getref.
‘n Bevinding sal ook gemaak word betreklik tot toesig en beheer ten opsigte van die minderjarige kinders.
Lobôlo is nóg ‘n bruidsgeskenk nóg ‘n vorm van vergoeding. Lobôlo is ‘n vorm van sekuriteit verskaf deur die bruidegom vir bewaring deur die vader van die bruid.
Sou die bruidegom in latere jare onwaardig vir sy bruid bevind word kan hy die lobôlo verbeur. Enersyds, as sy blyk ongeskik te wees, kan die lobôlo aan hom teruggegee word.
Bokant van Bladsy
14. Kan ek in Suid Afrika skei as ek in die buiteland getrou het?
Die skeihof het jurisdiksie om ‘n egskeiding toe te staan aan ‘n persoon wat woonagtig is binne die regsgebied van die hof op datum van sodanige aansoek, of waar sodanige applikant woonagtig was in Suid Afrika vir minstens ‘n jaar onmiddelik voorafgaande sodanige datum.
Die skeihof het aldus die bevoegdheid om ‘n skei aansoek van enige persoon wat in die buiteland getrou het aan te hoor – mits een of beide bovermelde voorwaardes toepaslik is op die betrokke saak.
Bokant van Bladsy
15. Wat is die regstatus van Moslemhuwelike in Suid-Afrika?
Eggenote in ‘n Moslemhuwelik kon voor April 2014 nie erf nie en het ook nie ander huweliksregte gehad nie. Dit is veral vrouens wat benadeel is, want hulle kon nie onderhoud eis of 'n billike verdeling van eiendom met die ontbinding van ‘n Moslemhuwelik nie.
Gedurende April 2014 het meer as 100 imams gekwalifiseer as huweliksbeamptes van wie vereis word om te voldoen aan die Wet op Huwelike van 1961. Die staat sal voortaan erkenning gee aan huwelike wat deur die imams voltrek is en eggenote sal van meet af wetlike beskerming geniet.
Dieselfde wetgewing wat tans deur alle paartjies gebruik word om ‘n huweliksvoorwaardekontrak notarieel te verly om die vermoensregtelike gevolge van hul huwelik te reel, kan ook deur Moslem paartjies gebruik word om ‘n Islamitiese huwelikskontrak notarieel te verly. Imams is verplig om getroude paartjies in te lig oor die vereiste vir ‘n notarieel verlyde kontrak wat met die bepalings van Suid-Afrika se grondwet ooreenstem.
Bokant van Bladsy