Reën vanaf Oktober verwag - ProAgri (2023)

Deur Johan van den Berg, Onafhanklike Landbouweerkundige (M.Sc Agric, Agricultural Meteorology)

Opsomming

Die La Nina bly op swak tot matige vlakke maar dit is alreeds goed gevestig. Die Indiese Oseaan is in ‘n negatiewe fase van die Indiese Oseaan Dipool.

Beide die La Nina en Indiese Oseaan is baie gunstig vir reën vanaf ongeveer Oktober/November oor die oostelike dele van die land en vanaf November/Desember oor die sentrale tot westelike dele.

Daar is ‘n moontlikheid van reën in November as gevolg van verwagte sterk somerstelsels en La Nina onderliggend wat oes van wintergrane kan benadeel. Reënvalverwagtinge vir die Winterreënvalgebied het op die korttermyn verbeter met ligte neerslae moontlik, veral vir die periode vanaf 7 tot 11 Oktober wanneer tot 20mm moontlik is.

Die waarskynlikheid vir baie laat ryp en koue is besig om vinnig te verklein.

Huidige toestande

Reënvaltoestande in die Winterreënvalgebied bly ondergemiddeld maar gereelde ligte neerslae as gevolg van swakkerige koue fronte het tot op hede nog erge droogsteskade op wintergrane beperk. So byvoorbeeld het Malmesbury in die Swartland vanaf 1 Augustus slegs 61.6mm gehad teenoor die langtermyngemiddeld van ongeveer 95mm, Hopefield 46.8mm teenoor die gemiddeld van 80mm en Bredasdorp 43.8mm teenoor 92mm. Daar was tussen 15 en 20 dae met reën wat die klein hoeveelhede reën per reëndag maar ook die frekwensie van reën aandui (omtrent een in drie tot vier dae was daar reën).Reënvaltoestande in die volgende weke sal baie bepalend wees vir die finale oes.

Wintergraantoestande in die Somerreënvalgebied is gunstig alhoewel daar steeds ‘n ryprisiko is, veral in die Benede Oranjerivier. Minimumtemperature het op 21 September weer tot onder 3°C gedaal wat rypskade in veral laagliggende gebiede kon veroorsaak.

Sneeu en baie koue toestande het voorgekom in die noordelike dele van die Ooskaap asook aangrensende dele van KZN en die Vrystaat in die laaste deel van September. Die eerste somerreënval het ook voorgekom in die Ooskaap, KZN en Mpumalanga. Betekenisvolle neerslae is gemeet vanaf 11 tot 20 September in KZN bv. Richardsbaai 53mm; Margate 41mm en Greytown 24mm. In die Ooskaap het Fort Beaufort 66mm gehad, Port Alfred 51mm, Queenstown 50mm en Gqeberha 44mm terwyl Mbombela in Mpumalanga 20mm gehad het en Emalahleni 17mm.

Die brandseisoen begin ook nou ‘n ernstige risiko inhou met meer winderige en warmer toestande. Met verwagte min reën in die Somerreënvalgebied tot ten minste die einde van Oktober, kan September en Oktober ‘n baie groot brandrisiko laat inhou.

Damvlakke in die Somerreënvalgebied is steeds op baie hoë vlakke met Vrystaatdamme wat op 96.5% van vol volume is. Op 15 Augustus was die Vaaldam op 96.2%, Bloemhofdam op 96.9%, Vanderkloofdam op 98.6% en die Gariepdam op 93.6%. Weskaapse damvlakke is gemiddeld op 74.6% van vol kapasiteit (laasjaar dieselfde tyd was vlakke op ongeveer 82%). Ooskaapse damme is op gemiddeld 69.5% teenoor verlede jaar 52.7%. Die belangrike Kougadam het verbeter tot ongeveer 20% (teenoor 5.5% verlede jaar) en Impofudam tans met 9.9% teenoor 17% verlede jaar.

Die watervlak van die Karibadam is op 19.8% teenoor 40% verlede jaar dieselfde tyd terwyl die Katsedam in Lesotho op 86.7% is en die Mohaledam op 94.3%. Die Hardapdam in Namibië is op 59.9% en die grootste dam, die Neckartaldam, op 97%.

ENSO en Indiese Oseaan

2.1 ENSO (El Nino Suidelike Ossilasie)

Al die Nino-areas is op tussen 0.8°C en 0.9°C koeler as normaal wat ‘n swak tot matige La Nina verteenwoordig. Alhoewel op swakkerige vlakke, is dit sterker ontwikkel as verlede jaar dieselfde tyd. Dit is ook baie goed gevestig omdat dit die derde agtereenvolgende gebeurtenis is. Dit lyk of die intensiteit van die La Nina op die huidige vlakke gaan bly tot ongeveer Desember/Januarie wanneer dit behoort te verswak om neutrale vlakke te bereik in ongeveer Januarie/Februarie.

Indiese Oseaan

Die Indiese Oseaan Dipool (IOD) is huidig in ‘n sterk negatiewe fase met indeks waardes ongeveer 1°C koeler in September en Oktober voordat dit gaan verswak in Desember.

Die huidige sterk negatiewe IOD indeks is die sterkste sedert ten minste 2018 en dit is betekenisvol positief vir reën.

Reënval en klimaatsvooruitsigte

3.1 Somerreënvalgebied

Met sterk positiewe reënvalseine van beide La Nina sowel as die IOD, is die volgende die mees moontlike uitkomste in terme van reënval en temperatuur:

3.1.1 Limpopo, noordelike dele van Gauteng en die Laeveld

Langtermyn: Ondergemiddelde reënval tot ongeveer die einde van Oktober maar gemiddelde tot bogemiddelde reënval vanaf November tot Februarie. Moontlike droër toestande in die tweede deel van die somer vanaf Februarie tot Mei.

Korttermyn: Baie min of geen reën tot ten minste die einde van Oktober oor die sentrale tot westelike dele maar reën kan alreeds in September en vroeg Oktober oor die oostelike dele voorkom.

Temperature:Baie warm toestande kan oor die westelike dele verwag word vanaf 25 September en die grootste deel van Oktober.

3.1.2 Suidelike dele van Gauteng, Hoëveld van Mpumalanga asook noordoostelike dele van die Vrystaat

Langtermyn: Ondergemiddelde reënval tot middel Oktober maar gemiddeld tot bogemiddeld vanaf November tot Januarie. ‘n Droër periode is moontlik vanaf Februarie.

Korttermyn: Baie min reën tot ten minste die middel van Oktober.

Temperature: Warm tot baie warm vanaf 25 September en die grootste deel van Oktober.

3.1.3 Noord-Kaap (noord van die Oranjerivier), Noordwes Provinsie en sentrale tot westelike dele van die Vrystaat

Langtermyn: Ondergemiddelde of baie min reën tot middel November maar gemiddeld tot bogemiddeld in Desember tot Februarie. Minder reën vanaf einde Februarie 2023. Die kans vir baie laat ryp en koue is nou baie klein alhoewel daar nog ‘n risiko in Oktober is.

Korttermyn: Baie min of geen reën tot ten minste die einde van Oktober. Geen verdere ryp tot ten minste na die eerste week van Oktober nie.

Temperature: Baie warm vanaf die laaste deel van September maar veral Oktober en eerste deel van November.

3.1.4 Oos-Vrystaat, suidelike dele van KZN asook noordelike/noordoostelike dele van die Ooskaap

Langtermyn: Reënvaltoestande behoort te verbeter vanaf Oktober maar gemiddeld tot bogemiddeld vanaf die laaste deel van Oktober tot Januarie.

Korttermyn: Tot 20mm is moontlik oor die kusgebiede tot die eerste week van Oktober. Minder reën vir die Oos-Vrystaat en noordwestelike dele van die Ooskaap.

Temperature: Die kans vir ekstreme lae temperature is kleiner vir die volgende week of twee.

3.1.5 Suidelike dele van die Noord-Kaap en aangrensende dele van die Ooskaap

Langtermyn: Droë toestande tot Oktober/November. Gemiddelde tot bogemiddelde reënval vanaf ongeveer Desember.

Korttermyn: Baie min reën.

Temperature: Warmer toestande gaan begin intree.

3.1.6 Ooskaapse Kusgebiede en res van Tuinroete

Langtermyn: Daar is ‘n redelike moontlikheid van reën vanaf ongeveer September maar veral Oktober met die migrasie van winter- na somerreënvalpatrone. Daar is selfs ‘n moontlikheid van lokale vloedtoestande, veral die Ooskaapse kusgebiede.

Korttermyn: Tot 20mm reën is moontlik in die volgende weke, veral in die noordelike kusgebiede van die Ooskaap.

Temperature: Koel tot matig maar warm vanaf Oktober.

3.1.7 KZN binneland en noordelike kusgebiede

Langtermyn: Kusgebiede kan reeds vanaf September maar veral Oktober begin om reën te kry wat later kan uitbrei na die noordoostelike binneland.

Korttermyn: Tot 20mm of meer is moontlik in die volgende weke.

3.2 Winterreënvalgebied

Langtermyn: Gemiddelde tot ondergemiddelde reënval vir die res van September en Oktober maar ‘n verhoogde kans vir reën in November as gevolg van die La Nina ontwikkeling.

Korttermyn: Ligte neerslae as gevolg van frontale aktiwiteite kan voorkom, veral oor die Rûensgebied en Suidkaap op 26 en 27 September, 2 en 3 Oktober sowel as 7 tot 11 Oktober waar tot 20mm moontlik is. Gereelde ligte neerslae kan steeds help wees om droogteskade te beperk.

Namibië

Baie min verdere reën word verwag tot ten minste November maar gemiddelde tot bogemiddelde reënval is moontlik vanaf die laaste deel van November. Temperature gaan baie warm wees oor die noordelike dele vanaf die laaste week in Augustus maar sal koud wees en moontlike ryp vanaf 18 tot 21 Augustus oor die Suidelike dele.

4. Vrywaring:

Die outeur of Santam of enige ander partye in die dokument genoem of aangehaal, waarborg geensins die akkuraatheid, volledigheid of betroubaarheid van die inligting in die dokument nie. Enige aksies of besluite wat geneem word op grond van die inligting in hierdie dokument word op eie risiko geneem en sal die outeur, Santam of enige ander partye genoem in die dokument geensins verantwoordelik wees vir enige verliese of skades in verband met die gebruik van die inligting soos wat dit voorkom in hierdie dokument nie.

More from my site

  • Better farms, better lives; Bayer prevents the COVID-19 health problem from turning into a hunger problem
  • Staat se beursie bly oop vir mislukte grondprojekte
  • Gaan-skou-toe-om-’n-kar-te-koop;-word-’n-Kubota-handelaar!
  • Volvo Trucks’ new safety system to protect cyclists and pedestrians
  • AfriSake gekant teen voorgestelde nuwe formule vir landbougrondwaardasie
  • In Jeremia 33:3 lees ons
Top Articles
Latest Posts
Article information

Author: Nathanael Baumbach

Last Updated: 01/06/2023

Views: 5375

Rating: 4.4 / 5 (75 voted)

Reviews: 90% of readers found this page helpful

Author information

Name: Nathanael Baumbach

Birthday: 1998-12-02

Address: Apt. 829 751 Glover View, West Orlando, IN 22436

Phone: +901025288581

Job: Internal IT Coordinator

Hobby: Gunsmithing, Motor sports, Flying, Skiing, Hooping, Lego building, Ice skating

Introduction: My name is Nathanael Baumbach, I am a fantastic, nice, victorious, brave, healthy, cute, glorious person who loves writing and wants to share my knowledge and understanding with you.